Verkoopsverteenwoordiger / Sales Representative
Werfnet · Cape Town
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Reference: PTA000607-AF -1
Posbenaming: Verkoopsverteenwoordiger / Sales Representative Ligging: Wes-Kaap (Veldgebaseerd met tuiskantoor) Werksomgewing: Veldgebaseerd met tuiskantoor wanneer nie by kliënt Vlak: Intermediêr Werksgebied: Hele Wes-Kaap Werksure: Maandag – Vrydag: Normale besigheidsure (Die pos vereis buigsaamheid om volgens kliënte se behoeftes te reis en kliëntebesoeke regoor die Wes-Kaap te onderneem) Voordele: Maatskappymotor, selfoon, Laptop, reiskoste volgens maatskappybeleid en reis na hoofkantoor in Johannesburg – maksimum ongeveer 4 keer per jaar
Oorsig
’n Gevestigde maatskappy in die band- en industriële sektor is op soek na ’n ervare en resultaatgedrewe Sales Representative om die hele Wes-Kaap te dek. Die persoon sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van nuwe besigheid, bestuur van bestaande kliënte, kliëntebesoeke, verkope en die uitbreiding van die maatskappy se teenwoordigheid binne die Wes-Kaap. Die rol is hoofsaaklik veldgebaseerd , met gereelde besoeke aan kliënte en potensiële kliënte. Wanneer die kandidaat nie op die pad of by ’n kliënt is nie, sal daar vanuit die tuis kantoor gewerk word. ’n Sterk verkoopsrekord, uitstekende kliënteverhoudings en ’n bewese vermoë om verkope en nuwe besigheid te genereer, is noodsaaklik. Duties & Responsibilities
Sleutelverantwoordelikhede
1. Verkope & Besigheidsontwikkeling
- Ontwikkel en implementeer verkoopsgeleenthede binne die Wes-Kaap.
- Identifiseer nuwe potensiële kliënte en markte.
- Genereer nuwe besigheid en brei die bestaande kliëntebasis uit.
- Bereik en oortref verkoopsdoelwitte.
- Identifiseer geleenthede vir kruisverkope en verdere produkontwikkeling.
- Bou langtermyn besigheidsverhoudings met kliënte.
2. Kliëntebesoeke & Veldverkope
- Besoek bestaande en potensiële kliënte regoor die Wes-Kaap.
- Verstaan kliënte se behoeftes en bied toepaslike produkte en oplossings aan.
- Onderhandel pryse, verkoopsvoorwaardes en kontrakte waar van toepassing.
- Handhaaf gereelde opvolg met kliënte.
- Verseker uitstekende diens en professionele kliënteverhoudings.
3. Industriële & Tegniese Verkope
- Werk met kliënte binne relevante industriële sektore.
- Tegniese kennis van bande, industriële toerusting, mynbou, vervoer, landbou of soortgelyke sektore sal ’n sterk voordeel wees.
- Verstaan kliënte se operasionele behoeftes en skakel dit met die toepaslike produkte/oplossings.
- Bly op hoogte van markontwikkelinge, produkte en mededingende aanbiedinge.
4. Kliënteverhoudings
- Handhaaf professionele en langtermyn verhoudings met bestaande kliënte.
- Tree op as ’n betroubare kontakpersoon vir kliënte.
- Hanteer navrae en verkoopskwessies professioneel.
- Identifiseer kliëntbehoeftes en toekomstige verkoopsgeleenthede.
5. Administrasie & Verslagdoening
- Hou akkurate rekords van kliënte, besoeke, verkope en opvolgaksies.
- Berei verkoopsverslae en vooruitskattings voor.
- Werk met maatskappy se verkoops- en administratiewe stelsels.
- Gebruik tegnologie om verkoopsaktiwiteite en kliënteverhoudings effektief te bestuur.
Minimum Vereistes
- Graad 12 / Matrik.
- Bewese verkoopsagtergrond en goeie verkoopsrekord.
- Minimum ±3–5 jaar relevante verkoops- of besigheidsontwikkelingservaring.
- Ervaring in ’n industriële, bande-, mynbou-, motor-, vervoer-, landbou- of tegniese omgewing sal ’n groot voordeel wees.
- Vlot in Afrikaans en Engels – beide gesproke en geskryf.
- Sterk kliënteverhoudings- en kommunikasievaardighede.
- Moet rekenaargeletterd wees.
- Goeie kennis van algemene kantoor- en verkoopsagteware.
- Geldige bestuurslisensie.
- Bereid om gereeld binne die Wes-Kaap te reis.
- Moet gemaklik wees met ’n veldgebaseerde / tuiskantoor werksomgewing .
- Moet ’n bewese vermoë hê om nuwe besigheid te genereer en verkoopsdoelwitte te bereik.
Voorkeur Kwalifikasies
’n Relevante graad of diploma in een van die volgende rigtings sal baie voordelig wees:
- Verkope
- Bemarking
- Besigheidsbestuur
- Industriële Bestuur
- Ingenieurswese
- Tegniese Bestuur
- Of ’n soortgelyke relevante kwalifikasie
Bedryfservaring – Voordelig
Ervaring of kennis binne enige van die volgende bedrywe sal sterk oorweeg word:
- Bande / Tyres
- Industriële produkte
- Mynbou
- Vervoer en vlootbestuur
- Landbou
- Motorbedryf
- Swaar toerusting
- Ingenieurswese
- Industriële instandhouding
- B2B-verkope
Sleutelvaardighede
- Sterk verkoopsvermoë
- Bewese verkoopsrekord
- Besigheidsontwikkeling
- Lead generation
- Kliënteverhoudings
- Onderhandeling
- Konsultatiewe verkope
- Uitstekende kommunikasie
- Afrikaans & Engels
- Mark- en produkkennis
- Tegniese begrip
- Rekenaargeletterdheid
- CRM / verkoopsadministrasie
- Selfbestuur
- Tydsbestuur
- Probleemoplossing
- Sterk opvolgvermoë
Persoonlike Eienskappe
Die ideale kandidaat is
- Selfgemotiveerd en onafhanklik.
- Ambisieus en resultaatgedrewe.
- Professioneel en betroubaar.
- ’n Sterk kommunikeerder.
- Komfortabel met kliënte op alle vlakke.
- Proaktief met ’n sterk verkoopsingesteldheid.
- Goed georganiseerd.
- Bereid om gereeld te reis.
- Tegnies nuuskierig en bereid om produkkennis te ontwikkel.
- In staat om sy/haar eie werkskedule en kliëntegebied effektief te bestuur.
Sukses in die Rol
Sukses sal gemeet word aan die kandidaat se vermoë om
- Nuwe kliënte en besigheid te genereer.
- Verkoopsdoelwitte konsekwent te bereik.
- Die Wes-Kaap se kliëntebasis uit te brei.
- Sterk langtermyn kliënteverhoudings te bou.
- Gereelde en effektiewe kliëntebesoeke te bestuur.
- Die maatskappy se produkte professioneel aan te bied.
- Kliënte se behoeftes te verstaan en toepaslike oplossings te bied.
- ’n Sterk en professionele reputasie binne die mark te handhaaf.
Package & Remuneration
R18 000 - R28 000 - Monthly