Skaap Produksie Bestuurder-Noord Kaap
Estelle Nel Recruitment · Northern Cape
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Introduction
Opsoek na n jong, ervare, toegewyde en resultaatgedrewe skaapboer om by die span aan te sluit en ’n belangrike bydrae tot die suksesvolle bestuur van ons skaapboerdery te lewer.
Duties & Responsibilities
- Die suksesvolle kandidaat moet oor bewese praktiese ondervinding van 2 tot 3 jaar in die bestuur en versorging van minstens 2 000 skape beskik.
- Bestuur en koördineer alle daaglikse skaapboerdery-aktiwiteite.
- Beplan en bestuur teelprogramme, paring, lamtyd en speenprosesse.
- Monitor kuddegesondheid, voeding, kondisie en reproduksie.
- Identifiseer en bestuur siektes, parasiete en ander dieregesondheidsrisiko’s.
- Verseker behoorlike rekordhouding van kuddegetalle, produksie, vrektes, lammers en behandeling.
- Bestuur weidings, kampe, waterpunte en voerbronne doeltreffend.
- Monitor produksiekoste en implementeer praktyke om winsgewendheid te verbeter.
- Verseker die instandhouding van plaasinfrastruktuur, toerusting en hanteringsgeriewe.
- Goeie personeelbestuur en leierskapsvermoë
- Sterk organisatoriese en beplanningsvaardighede
Desired Experience & Qualification
- ’n Landboukundige kwalifikasie of relevante opleiding in veekunde of skaapproduksie sal as ’n voordeel beskou word.
Ons is op soek na ’n persoon wat
- Selfstandig, betroubaar en verantwoordelik is
- Prakties ingestel is en probleme vinnig kan oplos
- Sterk leierskap toon en personeel effektief kan bestuur
- Goed kan beplan, organiseer en prioriteite bepaal
- Goeie oordeel en besluitnemingsvermoë het
- Langtermynstabiliteit soek
- Die geleentheid sien om saam met die boerdery te groei
Sluitingsdatum: 23 Oktober 2026
Indien u binne twee weke ná die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.