Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder

Werfnet · Pretoria, Gauteng

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000596-NH-1

Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder

Ons werf tans namens ons kliënt vir ’n sterk, praktiese en hoogs ervare Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder vir ’n sleutelrol binne ’n gevestigde besigheid met verskeie maatskappye/entiteite. Hierdie geleentheid is geskik vir ’n kandidaat wat gemaklik is om volle verantwoordelikheid vir die rekeningkundige en finansiële funksie te aanvaar, met minimale toesig, en wat oor die senioriteit, tegniese diepte en bestuursvermoë beskik om ’n finansiële afdeling effektief te lei. Duties & Responsibilities

Hoofverantwoordelikhede

Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir

  • Die volle rekeningkundige funksie oor verskeie maatskappye/entiteite
  • Bestuur en toesig oor ’n finansiële span van ongeveer 8 persone binne debiteure en krediteure
  • Om te verseker dat debiteure- en krediteurespanne akkuraat, doeltreffend en binne sperdatums funksioneer
  • Aktiewe bestuur van debiteure, invorderings, agterstallige rekeninge en kredietbeheer
  • Toesig oor krediteure, verskaffersrekonsiliasies en betalingsprosesse
  • Voorbereiding van maandelikse bestuursrekeninge en finansiële verslagdoening
  • Kontantvloeibestuur, vooruitskattings en begrotings
  • Hantering van intermaatskappytransaksies, -rekeninge en rekonsiliasies
  • Voorraadrekeningkunde, voorraadbeheer en rekonsiliasies
  • Salarisverwerking en verwante statutêre indienings
  • Hantering van BTW, LBS/PAYE en ander SAID-verpligtinge en indienings
  • Bestuur van SAID-navrae en korrespondensie
  • Balansstaat- en bankrekonsiliasies
  • Bestuur en kontrole van die algemene grootboek
  • Voorbereiding vir oudits en skakeling met ouditeure
  • Bestuur van jaareindprosesse en voorbereiding van ondersteunende skedules
  • Handhawing en verbetering van interne finansiële beheermaatreëls
  • Identifisering van teenstrydighede, finansiële risiko’s en aangeleenthede wat bestuur se aandag vereis

Kernvereistes

Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik

  • Minstens 15 jaar se deeglike rekeningkundige en finansiële ervaring
  • Bewese ervaring in ’n senior finansiële rol met verantwoordelikheid oor die volledige rekeningkundige funksie
  • Ervaring in ’n vervaardigings-, konstruksie-, boumateriaal- of soortgelyke operasionele omgewing sal sterk voordelig wees
  • Sterk Pastel Evolution-ervaring is noodsaaklik
  • Gevorderde Excel-vaardighede
  • Ervaring in die bestuur van ’n finansiële span, spesifiek binne debiteure en krediteure
  • ’n Stabiele werksgeskiedenis met goeie, kontakbare verwysings

Posligging en beskikbaarheid

  • Die pos is kantoorgebaseerd in Pretoria-Oos
  • Voorkeur sal gegee word aan kandidate wat redelik naby aan die area woon
  • Ons kliënt benodig iemand wat so gou moontlik beskikbaar is
  • Onmiddellike beskikbaarheid of ’n kort kennisgewingstydperk sal voordelig wees

Vergoeding

  • ’n Salarispakket in die omgewing van R60 000 – R70 000 per maand
  • Finale vergoeding sal afhang van ervaring en algehele geskiktheid vir die rol
Auto-apply to this jobView original posting ↗
Senior Rekenmeester / Finansiële Bestuurder at Werfnet — Pretoria, Gauteng · JobAlertsZA