Rekenmeester/Accountant

Werfnet · Pretoria, Gauteng

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000807-AO-1

Rekenmeester / Accountant

Posisie: Rekeningkundige / Accountant Ligging: Montana, Pretoria

Is jy 'n ervare en detailgeoriënteerde Rekeningkundige met goeie praktiese kennis van Draftworx, Xero en SARS? Ons is op soek na 'n bekwame, selfstandige en gemotiveerde Rekeningkundige om by 'n professionele span aan te sluit. Die ideale kandidaat moet oor praktiese ervaring beskik in rekeningkundige prosesse, finansiële state en Suid-Afrikaanse belastingnakoming. Duties & Responsibilities

Pligte en Verantwoordelikhede

  • Hanteer daaglikse rekeningkundige en boekhoufunksies.
  • Opstel van jaarlikse finansiële state met behulp van Draftworx.
  • Verwerking en bestuur van finansiële rekords op Xero.
  • Uitvoer van bank-, debiteure- en krediteureversoenings.
  • Hantering van SARS-verwante aangeleenthede en belastingnakoming.
  • Voorbereiding en indiening van BTW-, LBS- en inkomstebelastingopgawes.
  • Kommunikasie en opvolg met SARS rakende navrae en belastingaangeleenthede.
  • Verseker dat alle finansiële rekords akkuraat en op datum is.
  • Ondersteuning met maand- en jaareindprosesse.

Minimum Vereistes

  • Relevante rekeningkundige kwalifikasie of toepaslike ervaring.
  • Bewese ondervinding in 'n rekeningkundige posisie.
  • Goeie praktiese kennis van Draftworx.
  • Sterk kennis en ervaring met Xero.
  • Goeie kennis van SARS-prosesse en belastingnakoming.
  • Ondervinding met BTW-, LBS- en inkomstebelastingopgawes.
  • Sterk analitiese en probleemoplossingsvaardighede.
  • Goeie aandag aan detail en die vermoë om sperdatums na te kom.

Die Ideale Kandidaat

Ons soek iemand wat

  • Selfstandig kan werk en verantwoordelikheid kan neem.
  • Professioneel, georganiseerd en betroubaar is.
  • Goeie kommunikasievaardighede het.
  • Akkuraat en doelgerig kan werk.
  • Praktiese kennis van rekeningkundige sagteware en belastingwetgewing het.
Auto-apply to this jobView original posting ↗
Rekenmeester/Accountant at Werfnet — Pretoria, Gauteng · JobAlertsZA