Rekenmeester/Accountant

Werfnet · Johannesburg, Gauteng

Posted 18 September 2026

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000636-AO-1

REKENMEESTER | PAARL

Ligging: Paarl Werksbenaming: Permanent | Voltyds Aanvangsdatum:  So spoedig moontlik

Is jy ’n ervare  Rekenmeester  wat gereed is vir jou volgende loopbaangeleentheid? Ons werf tans namens ’n gevestigde organisasie in Paarl vir ’n  Rekenmeester  om by hul finansiële span aan te sluit. Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n akkurate en detailgeoriënteerde finansiële professionele persoon wat gemaklik is met die volledige rekeningkundige funksie, finansiële verslagdoening, SARS-nakoming en die verbetering van finansiële prosesse. Duties & Responsibilities

Jou verantwoordelikhede

In hierdie rol sal jy verantwoordelik wees vir

  • Bestuur van die volledige rekeningkundige funksie tot en met proefbalans
  • Hantering van maand- en jaareindafsluitings
  • Voorbereiding en rekonsiliasie van grootboekrekeninge, bank, debiteure en krediteure
  • Voorbereiding en indiening van  BTW201-opgawes
  • Hantering van relevante SARS-indienings via eFiling, insluitend voorlopige belasting en EMP201 waar van toepassing
  • Voorbereiding van maandelikse bestuursrekeninge en finansiële verslagdoeningspakke
  • Assistering met begrotings, vooruitskattings en afwykingsanalises
  • Handhawing en verbetering van finansiële kontroles en rekeningkundige prosesse

Wat ons benodig

  • ’n  Finansiële of rekeningkundige graad van ’n Suid-Afrikaanse universiteit , byvoorbeeld BCom Rekeningkunde of BCom Finansiële Bestuur
  • 3–5 jaar se ervaring  in ’n soortgelyke rekeningkundige rol
  • Ervaring binne die  dienstesektor  is noodsaaklik
  • Goeie kennis van  Suid-Afrikaanse belasting, BTW en SARS eFiling
  • Ervaring met die voorbereiding van bestuursrekeninge en begrotings
  • Sterk  Excel-vaardighede
  • Uitstekende aandag aan detail
  • Die vermoë om akkuraat te werk

Package & Remuneration

R30 000 - R40 000

Auto-apply to this jobView original posting ↗
Rekenmeester/Accountant at Werfnet — Johannesburg, Gauteng · JobAlertsZA