Rekenmeester / Accountant

Werfnet · Wellington

Posted 22 October 2026

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000743-NH-1

Rekenmeester - Posbeskrywing

- Wellington

Ons kliënt, 'n gevestigde rekenmeestersfirma in Wellington, soek tans 'n toegewyde en professionele Rekenmeester om by hul span aan te sluit. Hierdie geleentheid is geskik vir 'n nuut gekwalifiseerde kandidaat sowel as iemand met reeds bestaande ervaring in die bedryf.

Oor die Rol

As Rekenmeester sal jy verantwoordelik wees vir die volle spektrum van rekeningkundige dienste aan 'n diverse kliëntebasis. Jy sal direk met kliënte skakel, hulle finansiële behoeftes verstaan en professionele, akkurate dienslewering verseker. Duties & Responsibilities

Pligte en Verantwoordelikhede

-Voorbereiding en versorging van finansiële state -Bestuur van volledige rekeningkundige funksie vir 'n portefeulje kliënte -Voorbereiding en indiening van belastingopgawes (individue, maatskappye en trusts) -Rekonsiliasies, BTW-opgawes en statutêre nakoming -Gereelde kliëntebesoeke en -konsultasies -Opbou en onderhoud van sterk kliënteverhoudings -Samewerking met kollegas en vennote om hoëgehalte dienslewering te verseker

Vereistes

-Voltooide SAIPA- of SAICA-klerkskap (articles) is 'n vereiste -Nuut gekwalifiseerd of reeds relevante ervaring in 'n rekenmeesterfirma -Vlot tweetalig in Afrikaans en Engels (mondeling en skriftelik) -Bereid en in staat om gereeld kliënte by hul besighede te besoek -Eie vervoer en geldige bestuurslisensie -Goeie kennis van rekeningkundige sagteware (bv. Pastel, Xero, Sage, CaseWare) -Sterk aandag aan detail en vermoë om onder druk te werk -Uitstekende kommunikasie- en kliëntediensvaardighede

Auto-apply to this jobView original posting ↗