Rekenmeester / Accountant
Werfnet · Centurion, Gauteng
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Reference: PTA000746-NH-1
Rekenmeester Posbeskrywing - Centurion
Oor die Geleentheid
Ons kliënt is 'n betroubare naam in die parte-verskaffingsbedryf en bied 'n stabiele, professionele werksomgewing. Hulle soek 'n Rekenmeester wat kan bydra tot akkurate finansiële bestuur en wat gemaklik is om onafhanklik sowel as in spanverband te werk. Duties & Responsibilities
Verantwoordelikhede
-Volledige maandelikse boekhouding tot op balansstaatvlak -Voorbereiding van maandelikse en jaarlikse finansiële state -Bestuur van debiteure- en krediteure-boeke -Bankrekonsiliasies en algemene grootboek-rekonsiliasies -Voorraad- en kosteberekening-rekeningkunde (parte en voorraadbestuur) -Voorbereiding en indiening van BTW-, SDL-, UIF- en PAYE-opgawes by SARS -Bystand met maandelikse en jaarlikse begrotings sowel as kontantvloeiprojeksies -Ondersteuning tydens interne en eksterne oudits -Verwerking van salarisse en personeelverwante finansiële administrasie -Opstel van bestuursverslae en finansiële analises vir bestuur -Nakoming van interne beheermaatreëls en finansiële beleide -Algemene administratiewe en ad hoc finansiële take soos vereis deur bestuur
Minimum Vereistes
-Minimum 1 jaar ervaring na voltooiing van artikels (post-artikels ervaring) -Relevante rekeningkundige kwalifikasie -Vlot in Afrikaans (lees, skryf en praat) - noodsaaklik -Goeie kennis van rekeningkundige sagteware en MS Excel -Sterk aandag aan detail en akkuraatheid -Vermoë om sperdatums te hanteer en onder druk te werk -Eie vervoer sal voordelig wees
Werksure
-Maandag tot Donderdag: 07:00 - 16:45 -Vrydae: 07:00 - 16:00
Vergoeding en Voordele
-Markverwante salaris, gebaseer op ervaring en kwalifikasies -Gewaarborgde 13de tjek, betaalbaar in Desember -Indien jy die hooflid op 'n mediese fonds is, dra die maatskappy 1/3 van die premie by -Indien jy jou eie pensioenfonds het, dra die maatskappy 1/3 daartoe by