Rekenmeester / Accountant (Permanent)
Promatch_Recruitment · Gauteng , Tshwane (Pretoria)
Posted 29 July 2026
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Job Title: Rekenmeester / Accountant Start Date: 2026-07-29 - 2026-09-18 Vacancy Type: Permanent PTA000486 Sectors: Financial Services Location: Gauteng , Tshwane (Pretoria) Salary: Brief: Posbeskrywing: Rekenmeester Ligging: Pretoria (Hibriede werksmodel) Bedryf: Finansies & Oorsese Versekering Aanvang: So gou as moontlik Ons kliënt is 'n gevestigde internasionale finansiële- en versekeringmaatskappy met 'n tak in Pretoria en is op soek na 'n bekwame Rekenmeester om hul finansiële span te versterk. Hierdie rol bied uitstekende blootstelling aan 'n internasionale werksomgewing en die geleentheid om saam met 'n ervare finansiële span te werk. Gedurende die eerste paar maande sal die suksesvolle kandidaat volgens 'n hibriede werksmodel werk (2 dae per week by die kantoor en 3 dae vanaf die huis), waarna die werksreëling volgens besigheidsbehoeftes hersien kan word. Detail: Hoofverantwoordelikhede: Opstel van maandelikse bestuursrekeninge en finansiële verslae. Voorbereiding van maandelikse en jaarlikse finansiële state. Uitvoer van bank-, balansstaat-, BTW- en grootboekrekonsiliasies. Voorbereiding en verwerking van joernale, toevallings en vooruitbetalings. Assisteer met maand- en jaareinde afsluitingsprosesse. Verseker die akkuraatheid en integriteit van die algemene grootboek. Assisteer met begrotings, kontantvloeivooruitskattings en finansiële ontledings. Ondersteun interne en eksterne oudits deur die voorbereiding van ouditdokumentasie. Verseker voldoening aan IFRS, belastingwetgewing en ander statutêre vereistes. Identifiseer geleenthede om finansiële prosesse en interne beheermaatreëls te verbeter. Minimum Vereistes: BCom Rekeningkunde of soortgelyke relevante kwalifikasie. SAICA-artikels voltooi , of 'n minimum van 3 jaar relevante rekeningkunde-ervaring . Goeie kennis van finansiële state, rekonsiliasies en maandafsluitings. Ervaring met IFRS en belastingnakoming sal voordelig wees. Gevorderde Excel-vaardighede; ervaring met ERP- of rekeningkundige sagteware sal voordelig wees. Sterk analitiese vermoë, goeie aandag aan detail en die vermoë om onafhanklik sowel as in 'n span te werk. show more... For more information please contact: Nichelle Hough Apply