Rekenmeester / Accountant (Permanent)
Promatch Recruitment · Centurion, Gauteng
Posted 27 August 2026
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Job Title: Rekenmeester / Accountant Start Date: 2026-08-27 - 2026-10-10 Vacancy Type: Permanent PTA000567 Sectors: Financial Services Location: Gauteng , Centurion Salary: Employment Equity: NON-EE Brief: Posbeskrywing: Rekenmeester (Afstandswerk / Werk van die Huis af) 'n Groot UK-gebaseerde glampingmaatskappy is op soek na 'n ervare en administratief-gedrewe Rekenmeester om hul span op 'n voltydse afstandswerk-basis te versterk. Hierdie geleentheid is ideaal vir 'n persoon wat sterk finansiële administrasievaardighede het, akkuraat werk, en gemaklik is om met groot volumes finansiële data, betalingsprosesse en rekonsiliasies te werk. Die suksesvolle kandidaat moet selfstandig kan funksioneer, uitstekende aandag aan detail hê, en gemaklik wees om in 'n internasionale werksomgewing te opereer. Detail: Hoofverantwoordelikhede Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: Rekeninge betaalbaar / creditors-funksies Verwerking en bestuur van fakture Voorbereiding en verwerking van betalings Bank- en rekeningrekonsiliasies Akkurate finansiële administrasie en rekordhouding Opvolg van uitstaande of onvolledige finansiële dokumentasie Versekering dat betalings betyds en korrek verwerk word Ondersteuning van die breër finansiële funksie met administratiewe take Hantering van hoë volumes transaksionele werk met 'n hoë vlak van akkuraatheid Algemene finansiële en administratiewe ondersteuning soos benodig Minimum vereistes Kandidate moet aan een van die volgende vereistes voldoen: Minstens 5 jaar relevante werkservaring in 'n soortgelyke finansiële / rekeningkundige rol, sonder 'n graad, of SAIPA-artikels suksesvol voltooi Verder moet kandidate oor die volgende beskik: Bewese ervaring met rekeninge betaalbaar, fakture, betalings en rekonsiliasies Sterk administratiewe vermoë en 'n prosesgedrewe werkswyse Vermoë om onafhanklik en produktief van die huis af te werk Goeie organisatoriese vaardighede en die vermoë om take effektief te prioritiseer Uitstekende aandag aan detail en akkuraatheid Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels Vermoë om professioneel in 'n internasionale besigheidsomgewing te kommunikeer Taalvereistes Afrikaans – moet gepraat kan word Engels – moet vlot gepraat en geskryf kan word Persoonlike eienskappe Die ideale kandidaat is: Administratief sterk en detail-georiënteerd Betroubaar en selfgedissiplineerd Gemaklik om roetine- en prosesgedrewe werk te hanteer In staat om onafhanklik te werk sonder konstante toesig Goed met opvolg, organisasie en tydsbestuur Professioneel in kommunikasie en werksetiek Aanpasbaar en gemaklik om met internasionale kollegas te werk Werksure Buigsame werksure Kandidate moet egter 8 ure per dag werk Vergoeding Salaris: Tussen R30 000 CTC en R35 000 CTC per maand Werksomgewing Voltydse afstandswerk / werk van die huis af Geleentheid om deel te vorm van 'n gevestigde internasionale maatskappy in die glampingbedryf show more... For more information please contact: Nichelle Hough Apply