Production Manager (Kromfontein) (Permanent)

Carlysle ยท Western Cape , Stellenbosch ยท R 700 000 - R 800 000 Annually Cost To Company

Posted 19 August 2026

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once โ€” we do the applying.

Start free โ€” we apply for you โ†’

Job Title: Production Manager (Kromfontein) Start Date: 2026-08-19 - 2026-08-31 Vacancy Type: Permanent GTG001957 Sectors: Agriculture Location: Western Cape , Stellenbosch Salary: R 700 000 - R 800 000 Annually Cost To Company Brief: apples|farming|pears|production ๐ŸŽ PRODUKSIEBESTUURDER – APPELS & PERE Kouebokkeveld | ±50 km vanaf Ceres | Wes-Kaap Is jy 'n praktiese landboukundige met 'n passie vir vrugteproduksie? Ons kliënt bied 'n uitstekende geleentheid aan 'n Produksiebestuurder om deel te word van 'n gevestigde vrugteboerdery in die pragtige Kouebokkeveld , ongeveer 50 km vanaf Ceres. Hierdie is meer as net 'n plaasbestuurpos – dit is 'n geleentheid vir iemand wat verantwoordelikheid wil neem, mense wil lei en direk 'n verskil aan produksie en opbrengs wil maak. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die daaglikse bestuur van appel- en peerboorde , van beplanning en besproeiing tot voeding, plaag- en siektebeheer, arbeid en uiteindelik 'n suksesvolle oes. Detail: ๐ŸŒฑ JOU ROL Jy sal die persoon op die grond wees wat sorg dat die produksieplanne werklik uitgevoer word . Jou verantwoordelikhede sal onder andere insluit: Beplan, koördineer en bestuur alle daaglikse vrugteproduksie-aktiwiteite. Bestuur en monitor appel- en peerboorde deur die verskillende produksiefases. Monitor boom- en vruggesondheid en implementeer effektiewe plaag- en siektebeheerprogramme. Bestuur besproeiings- en bemestingsprogramme. Beplan en koördineer snoei, uitdunning en oesaktiwiteite. Lei, motiveer en ontwikkel 'n span van ongeveer 4–6 permanente werknemers , asook seisoenale werkers. Stel daaglikse en weeklikse werkplanne op en verseker dat produksieteikens bereik word. Delegeer take en monitor produktiwiteit, kwaliteit en werksverrigting. Hanteer personeeladministrasie, dissipline en bywoning. Verseker nakoming van GlobalG.A.P., Nature's Choice en SIZA -standaarde. Hou akkurate produksie-, arbeids- en ander plaasrekords. Ondersteun begrotings- en kostebeheer. Koördineer algemene plaasadministrasie en verslagdoening. Identifiseer probleme vroegtydig en neem praktiese besluite om produksie glad te laat verloop. ๐Ÿ WIE SOEK ONS? Ons is op soek na iemand wat nie bang is om sy/haar stewels vuil te maak nie – 'n persoon wat tussen die boorde wil wees, mense kan bestuur en verstaan dat goeie vrugteproduksie 'n kombinasie van kennis, dissipline, beplanning en praktiese betrokkenheid vereis. Jy behoort te beskik oor: 'n Tersiêre kwalifikasie in Landbou, Hortologie, Plantfisiologie of 'n verwante rigting. Ten minste 5 jaar se kommersiële vrugteproduksie-ervaring . Sterk kennis van boordbestuur . Praktiese kennis van appel- en peerproduksie sal 'n sterk voordeel wees. Kennis van GlobalG.A.P. en verwante sertifiseringsvereistes. Goeie leierskap- en mensebestuursvaardighede. Sterk beplannings-, kommunikasie- en probleemoplossingsvermoë. Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede. Die vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem. 'n Hoë vlak van dissipline, akkuraatheid en professionaliteit. ๐Ÿก WAT WORD AANGEBIED? 'n Mededingende, markverwante vergoedingspakket word aangebied, wat onder andere insluit: Maatskappy-aftreefonds Mediese fonds Behuising / akkommodasie Geleentheid om deel te wees van 'n gevestigde vrugteproduksie-onderneming 'n Langtermyngeleentheid vir 'n kandidaat wat hom/haarself in vrugteproduksie wil vestig ๐Ÿ“ Ligging: Kouebokkeveld, ±50 km vanaf Ceres, Wes-Kaap ๐Ÿ“… Aanvang: So spoedig moontlik ๐ŸŽ As jy weet hoe om 'n boord te bestuur, 'n span te lei en resultate te lewer, wil ons van jou hoor! [email protected] show more... For more information please contact: Suzaan Streicher Apply

Auto-apply to this jobView original posting โ†—
Production Manager (Kromfontein) (Permanent) at Carlysle โ€” Western Cape , Stellenbosch ยท JobAlertsZA