Leerling Rekenmeester

Werfnet · Durbanville

Posted 9 August 2026

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000474-AO-1

Leerling Rekenmeester/Trainee Accountant Area: Durbanville, Western Cape

Die Leerling rekenmeester sal ondersteuning bied met rekeningkunde, boekhouding en finansiële administrasie terwyl hy/sy sy/haar opleidingsprogram voltooi. Hierdie rol bied waardevolle praktiese ervaring, mentorskap en die geleentheid om binne 'n professionele rekeningkundige omgewing te groei. Duties & Responsibilities

Sleutelverantwoordelikhede sluit in

  • Die interpretasie van kliënte se rekeningkundige rekords en die opstel van jaarlikse finansiële state (IFRS vir KMO's).
  • Die verwerking van maandelikse transaksies vir BTW-doeleindes en die rekonsiliasie van rekords tot op proefbalansvlak.
  • Die uitvoering van belastingberekeninge en die voltooiing van inkomstebelasting- en voorlopige belastingopgawes.
  • Die uitvoering van BTW- en LBS (PAYE)-berekeninge.
  • Hulpverlening met verskeie kliënte-aangeleenthede, insluitend administratiewe take.
  • Die hantering en oplossing van navrae (insluitend navrae met SARS).

Vereistes

  • Nasionale Diploma.
  • Geen vorige werkservaring word vereis nie.

Bykomende vereistes

  • BCom Rekeningkunde of 'n gelykwaardige graad wat tans voltooi word of reeds voltooi is.
  • Sterk rekenaarvaardigheid, veral in Microsoft Excel.
  • Ervaring met Xero sal voordelig wees.
  • Uitstekende selfbestuursvaardighede.
  • Ons kantore en kliëntebasis is hoofsaaklik Afrikaanssprekend. Kandidate moet daarom volkome vlot in Afrikaans (gesproke én geskrewe) wees om doeltreffend met kliënte en kollegas te kan kommunikeer.
Auto-apply to this jobView original posting ↗
Leerling Rekenmeester at Werfnet — Durbanville · JobAlertsZA