Landskaperings Toesighouer met Kode 10 Bestuurslisensie

Nefesh Landscaping · Somerset West, Western Cape

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

VAKATURE: LANDSKAPERING TOESIGHOUER / SPANLEIER Somerset-Wes

Ons is op soek na ’n verantwoordelike, selfgemotiveerde persoon met ’n passie vir landskapering om by ons span aan te sluit.

Die suksesvolle kandidaat sal betrokke wees by landskaperingsprojekte, tuinonderhoud en die bestuur en toesig van personeel op verskeie onderhoudskontrakte. Vereistes

Geldige Kode 10-bestuurslisensie

Moet Afrikaans goed magtig wees

’n Passie vir landskapering en buitelugwerk

Vermoë om personeel te bestuur, lei en toesig te hou

Verantwoordelik, betroubaar en selfgemotiveerd

Goeie werksetiek en die vermoë om onafhanklik te werk

Geen kriminele rekord

Vorige ondervinding in landskapering, tuinonderhoud of spanbestuur sal voordelig wees

Die pos is gebaseer in Somerset-Wes, en voorkeur sal aan geskikte plaaslike kandidate gegee word

Hoofverantwoordelikhede Die persoon sal die landskaperingspan ondersteun met die uitvoering van nuwe projekte, toesig hou oor daaglikse onderhoudswerk op kontrakte, personeel bestuur en help verseker dat werk volgens ’n goeie standaard en binne die vereiste tyd afgehandel word.

Stuur asseblief jou CV, tesame met kontakbare verwysings, indien jy aan die bogenoemde vereistes voldoen.

Nefesh Landscaping

Professionele Landskapering & Tuinonderhoud

Auto-apply to this jobView original posting ↗