Junior Boedelberedderaar/ Junior Deceased Estate Administrator

Werfnet · Centurion, Gauteng

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000590-DG -1

Posbenaming: Junior Boedelberedderaar/ Junior Deceased Estate Administrator Ligging: Hoewes, Centurion Werksomgewing: Kantoor-gebaseer

Oorsig

’n Professionele fiduciêre praktyk in Centurion is op soek na ’n Junior Boedelberedderaar met ’n belangstelling in fiduciêre reg en administrasie. Die fokus van die rol sal wees op bestorwe boedels, trusts, testamente en boedelbeplanning . Die ideale kandidaat moet akkuraat, sistematies en professioneel wees, met goeie skriftelike en administratiewe vaardighede. Duties & Responsibilities

Sleutelverantwoordelikhede

  • Administrasie en hantering van bestorwe boedels.
  • Voorbereiding en hantering van professionele korrespondensie.
  • Skakeling met kliënte en die Meester van die Hooggeregshof.
  • Ondersteuning met trusts en trustadministrasie.
  • Assisteer met testamente en boedelbeplanning.
  • Ondersteun met Likwidasie- en Distribusierekeninge.
  • Hanteer relevante SARS-aangeleenthede.
  • Algemene fiduciêre en administratiewe ondersteuning.

Minimum Vereistes

  • Voltooide LLB-graad – verpligtend.
  • Vlot in Afrikaans en Engels, beide skriftelik en mondelings.
  • Goeie professionele skryf-, administratiewe en rekenaarvaardighede.
  • Vermoë om akkuraat en sistematies te werk.
  • Vermoë om vertroulike kliëntinligting professioneel te hanteer.
  • Moet beskikbaar wees om binne ’n redelike tydperk diens te aanvaar.
  • Bereid om voltyds vanaf die kantoor in Centurion te werk.

Voordelige Ervaring

  • Minstens 1 jaar praktiese regservaring.
  • Ervaring met bestorwe boedels.
  • Blootstelling aan trusts, testamente en boedelbeplanning.
  • Ervaring met die Meester van die Hooggeregshof.
  • Kennis van Likwidasie- en Distribusierekeninge.
  • SARS-ervaring met betrekking tot boedels en trusts.
  • Ervaring met LegalEase of soortgelyke boedeladministrasiesagteware.
  • Toelating as prokureur sal voordelig wees.
  • Eie vervoer en geldige bestuurslisensie.

Persoonlike Eienskappe

  • Akkuraat en detail-georiënteerd.
  • Sistematies en goed georganiseerd.
  • Professioneel en betroubaar.
  • Sterk administratiewe vermoëns.
  • Goeie kommunikasievaardighede.
  • Belangstelling in fiduciêre reg en boedeladministrasie.
  • Vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem.

Package & Remuneration

R15 000 - R20 000 - Monthly

Auto-apply to this jobView original posting ↗