JUNIOR ADMIN AND PERSONAL ASSISTANT

Fieldhouse Attorneys · Pretoria East

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Ons soek 'n energieke, hardwerkende en leergierige Administratiewe en Persoonlike Assistent om by ons kantoor aan te sluit. Dit is 'n intreevlak pos, en geen regsagtergrond of ervaring word vereis nie — volledige opleiding sal aangaande kantoorspesifieke prosesse verskaf word. Dit is 'n uitstekende geleentheid vir iemand wat georganiseerd, proaktief en gretig is om in 'n professionele omgewing te groei.
Kernverantwoordelikhede
•	Algemene administratiewe en papierwerk-ondersteuning
•	Opstel en stuur van professionele e-posse
•	Bedryf van kantoortoerusting, insluitend drukkers/skandeerders
•	Instandhouding en verbetering van liassering- en dokumentstelsels
•	Bestuur van die persoonlike dagboek/skedule en afsprake
•	Algemene persoonlike ondersteuningstake soos benodig, familie- verwante verantwoordelikhede
Vereistes
•	Matriek met diplomavrystelling
•	Vlot in beide Engels en Afrikaans (geskrewe en gesproke) VERIESTE
•	Basiese rekenaarvaardighede, spesifiek MS Excel en MS Word
•	Sterk organisatoriese vaardighede en aandag aan detail
•	Vermoë om nuwe stelsels en prosesse vinnig aan te leer
•	Professionele geskrewe en verbale kommunikasievaardighede
•	Betroubaar, stiptelik, en in staat om veelvuldige take te hanteer
'n Geldige bestuurslisensie en eie vervoer is 'n voordeel, maar nie 'n vereiste nie.
 Dui jou verwagte begin salaris in die e-pos aan. 


Auto-apply to this jobView original posting ↗
JUNIOR ADMIN AND PERSONAL ASSISTANT at Fieldhouse Attorneys — Pretoria East · JobAlertsZA