Hoofsjef & Lodge Bestuurder Gatsrivier Lodge – Cer

Job Placements · Ceres

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER

Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo

’n Eksklusiewe lodge, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n dinamiese en verantwoordelike Hoofsjef & Lodge Bestuurder om die span te lei en ’n uitstekende ervaring aan alle gaste te bied. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die kombuis, gaste-ervaring en daaglikse lodge-operasies, terwyl die persoon self ook prakties deelneem aan die kombuis- en lodge-werk.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE

·      Beplanning, voorbereiding en bediening van hoëgehalte maaltye.

·      Ontwikkeling van spyskaarte volgens gaste se behoeftes en operasionele vereistes.

·      Voorraadbeheer, aankope, bestellings en ontvangs van voorraad.

·      Effektiewe kostebeheer en beperking van vermorsing.

·      Bestuur van voedselkwaliteit, higiëne en voedselveiligheidstandaarde.

·      Leiding, opleiding en ontwikkeling van kombuis- en ondersteuningspersoneel.

·      Hantering van spesiale dieetvereistes en individuele gasteversoeke.

·      Verseker ’n warm, professionele en uitsonderlike gaste-ervaring.

·      Toesig oor die lodge se daaglikse bedrywighede en dienslewering.

·      Koördinering met ander departemente en personeel.

·      Administrasie, verslagdoening en operasionele beplanning.

VEREISTES

·        Ervaring as Hoofsjef, Sjef, Lodgebestuurder of in ’n soortgelyke gasvryheidsposisie.

·        Sterk leierskap- en organisatoriese vaardighede.

·        ’n Passie vir kos, gasvryheid en uitstekende diens.

·        Kan selfstandig werk en goeie besluite onder druk neem.

·        Prakties en bereid om self in die kombuis en lodge te werk.

·        Goeie kommunikasie- en mensevaardighede.

·        Betroubaar, professioneel en energiek.

·        Hoë standaarde ten opsigte van netheid, higiëne en diens.

·        Goeie administratiewe en kostebeheer-vaardighede.

·        Geldige rybewys en eie betroubare vervoer.

WERKSOMSTANDIGHEDE

·         Ligging: Ceres Karoo – ongeveer 130 km vanaf Ceres / ±1 uur 45 minute se ry.

·         Verblyf beskikbaar op die perseel.

·         Eie vervoer is noodsaaklik weens die afgeleë ligging van die lodge.

AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013

.special-hidden { display: none; }

Auto-apply to this jobView original posting ↗