Hoof Finansiële Beampte - Urgently Needed
Theronda BK h/a Theron`s Vleisprodukte · Pretoria West
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Theron's Vleisprodukte bied `n besondere loopbaangeleentheid aan `n hoof finansiële beampte. 

Is jy ’n gekwalifiseerde rekenmeester wat floreer op die fabrieksvloer én in die raadsaal? Ons dinamiese voedselvervaardigingsonderneming bied `n geleentheid aan `n "hands-on”-finansiële leier om as Kontroleerder/HFB by ons span aan te sluit.

Algemene vereistes waaraan aansoekers vir die pos moet voldoen:
Hoof voertaal: Afrikaans
Kwalifikasie: Geregistreerde Gekwalifiseerde Rekenmeester.
Ondervinding: Minimum 10 jaar praktiese, toepaslike ondervinding in die voedselvervaardigingsbedryf (nie-onderhandelbaar).
Persoonlikheid: Uitstekende interpersoonlike en "people skills" – jy werk maklik saam met mense op alle vlakke.
Werksetiek: ’n Plat-op-die-aarde, praktiese benadering tot daaglikse take.

’n Hoof Finansiële Beampte (HFB / CFO) moet beskik oor ’n balans van tegniese kundigheid en strategiese leierskap.

Sleutelvaardighede
Strategiese Beplanning: Vertaal finansiële data na langtermyn-besigheidsdoelwitte.
Finansiële Kundigheid: Beheers gevorderde rekeningkunde, kapitaalstrukture en begrotings.
Risikobestuur: Identifiseer en beperk finansiële, regulatoriese en operasionele risiko's.
Leierskap: Bestuur, motiveer en ontwikkel die finansiële- en administratiewe spanne.

Kommunikasie: Verduidelik komplekse finansiële konsepte maklik vir direkteure en beleggers.
Data-analise: Gebruik finansiële tegnologie en data vir akkurate voorspellings.

Die belangrikste sagteware en tegnologieë