Groente Produksie Plaas Bestuurder - Noord Kaap

Hello Hired · Barkly West · R420k to R540k pa - depending on exp

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Introduction

Hierdie is ’n langtermyngeleentheid vir ’n persoon met ’n sterk eienaarskapmentaliteit, praktiese bestuursvermoë en die dryfkrag om saam met die bestuurspan die boerdery volhoubaar vorentoe te neem.

Die suksesvolle kandidaat moet homself in die omgewing wil vestig, verantwoordelikheid aanvaar en aktief bydra tot die groei, stabiliteit en winsgewendheid van die besigheid.

Die boerdery bestaan uit verskeie vertakkings, insluitend koring, mielies, aartappels, beet, wortels en uie.

Die ideale kandidaat sal dus breë blootstelling aan groente boerdery hê, met die vermoë om verskillende produksievertakkings prakties, georganiseerd en doelgerig te bestuur.

Duties & Responsibilities

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir

  • Algehele bestuur en koördinering van die daaglikse boerdery-aktiwiteite
  • Beplanning, implementering en monitering van produksie oor verskeie vertakkings
  • Praktiese bestuur van koring, mielies, beet, wortels, uie en aartappel produksie
  • Organisering van werksprogramme, personeel en produksieprioriteite
  • Bestuur van personeelprestasie, dissipline en produktiwiteit
  • Toesig oor instandhouding van infrastruktuur, toerusting, voertuie en meganisasie
  • Identifisering van verbeteringsgeleenthede binne produksie, koste en doeltreffendheid
  • Noue samewerking met die eienaar rondom beplanning, besluitneming en strategiese ontwikkeling
  • Verseker dat take betyds, netjies en volgens verwagte standaarde uitgevoer word

Ons is op soek na ’n persoon wat

  • Selfstandig, betroubaar en verantwoordelik is
  • Prakties ingestel is en probleme vinnig kan oplos
  • Sterk leierskap toon en personeel effektief kan bestuur
  • Goed kan beplan, organiseer en prioriteite bepaal
  • Goeie oordeel en besluitnemingsvermoë het
  • Langtermynstabiliteit soek
  • Die geleentheid sien om saam met die boerdery te groei

Desired Experience & Qualification

Die ideale kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen

  • Tersiêre landboukwalifikasie word aanbeveel
  • 6 tot 8 jaar toepaslike ondervinding in ’n soortgelyke plaasbestuurs rol
  • Sterk praktiese kennis van groente boerdery
  • Ondervinding in gewas produksie
  • Kennis van koring, mielies, uie, beet, wortels en aartappels sal sterk aanbeveel word
  • Goeie personeelbestuur en leierskapsvermoë
  • Sterk organisatoriese en beplanningsvaardighede
  • Meganiese kennis en praktiese probleemoplossingsvermoë sal voordelig wees
  • Die nodige besigheidsin, wat verseker dat hy/sy deurlopend winsgeoriënteerd ingestel is

Package & Remuneration

R420k to R540k per annum - depending on the level of experience.

Auto-apply to this jobView original posting ↗