Finansiële Bestuurder / Financial Manager
Werfnet · Pretoria, Gauteng
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Reference: PTA000640-NH-1
Posbeskrywing: Finansiële Bestuurder
Posbenaming: Finansiële Bestuurder Ligging: Lynnwood, Pretoria Bedryf: Ingenieurskonsultasie Diensverhouding: Voltyds Salaris: Tot R80 000 per maand, afhangend van ervaring en geskiktheid Aanvullende voordele:
- SAICA-fooie word deur die maatskappy gedek
- Twee prestasie-gebaseerde bonusse per jaar
Doel van die pos
Die Finansiële Bestuurder sal verantwoordelik wees vir die algehele finansiële bestuur van die onderneming. Die suksesvolle kandidaat sal finansiële beheer, verslagdoening, begrotingsbestuur, nakoming en strategiese finansiële ondersteuning aan die besigheid bied. Die rol vereis ’n dinamiese en detail-georiënteerde professionele persoon wat in staat is om in ’n tegniese en projekgedrewe omgewing waarde toe te voeg. Duties & Responsibilities
Minimum vereistes
- Gekwalifiseerde CA(SA)
- Minimum 3 jaar toepaslike ervaring ná artikels
- Sterk kennis van finansiële bestuur, verslagdoening en interne beheermaatreëls
- Ervaring met begrotings, kontantvloeibestuur en finansiële analise
- Goeie kennis van belasting, ouditvereistes en statutêre nakoming
- Uitstekende rekenaarvaardighede, veral in Microsoft Excel
- Ervaring met finansiële stelsels en/of ERP-platforms
- Geldige bestuurslisensie sal voordelig wees
Sleutelverantwoordelikhede
- Bestuur van die volle finansiële funksie van die onderneming
- Voorbereiding en aanbieding van maandelikse bestuursrekeninge
- Bestuur van begrotings, vooruitskattings en kontantvloei
- Finansiële ontleding en verskaffing van insette vir strategiese besluitneming
- Toesig oor debiteure, krediteure en algemene grootboekprosesse
- Verseker akkurate en tydige finansiële verslagdoening
- Bestuur van jaarlikse ouditprosesse en skakeling met eksterne ouditeure
- Verseker nakoming van belasting-, statutêre en regulatoriese vereistes
- Ontwikkeling en instandhouding van interne kontroles en finansiële prosesse
- Ondersteuning van projekbestuurders en senior bestuur met finansiële insigte
- Identifisering van kostebesparings en doeltreffendheidsgeleenthede
- Bestuur en ontwikkeling van finansiële personeel, waar van toepassing