Debiteure Klerk
Werfnet · JHB - Eastern Suburbs
Posted 19 August 2026
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Reference: PTA000496-AO-1
Senior Debiteure Klerk | Senior Debtors Clerk
'n Gevestigde maatskappy in Kempton Park is op soek na 'n Senior Debiteure Klerk om by hul dinamiese finansiële span aan te sluit. Hierdie geleentheid is ideaal vir 'n ervare kandidaat wat sterk administratiewe en debiteurevaardighede het en in 'n vinnige, professionele omgewing wil werk. Duties & Responsibilities
Minimum Vereistes
- Diploma in Finansies sal voordelig wees.
- Minimum 3 jaar senior debiteure-administrasie ervaring.
- Ervaring met Microsoft Office (veral Excel, Word en Outlook) .
- Ervaring met Business Central sal 'n sterk voordeel wees.
- Tweetalig (Afrikaans en Engels) met uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede.
- Goeie kennis van FICA en die POPI-wet .
Sleutelverantwoordelikhede
- Voorbereiding van daaglikse en maandelikse verkoops- en betalingsverslae vir kontantvloei.
- Opstel en instandhouding van klantouderdomsverslae en opvolg van uitstaande rekeninge.
- Voorbereiding van weeklikse verkoopsverslae.
- Opstel van bestuursverslae soos benodig.
- Voorbereiding van volume-afslagverslae.
- Berekening en fakturering van rente op uitstaande rekeninge.
- Verseker dat alle geskande dokumentasie korrek aan Business Central gekoppel is.
- Verwerking en skandering van dokumentasie.
- Invordering van uitstaande skuld en opvolg van agterstallige betalings.
- Hantering en oplossing van kliëntenavrae.
- Rekonsiliasie van groot klantrekeninge.
- Instandhouding van klantrekords en administrasie.
- Verwerking van intermaatskappy-fakture.
- Verwerking van verkoopsfakture en kredietnotas.
- Toewysing en verwerking van kliëntebetalings.
- Rekonsiliasie van die klantboek teen die proefbalans.
Vereiste Vaardighede
- Sterk kommunikasie- en menseverhoudingsvaardighede.
- Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail.
- Uitstekende beplannings-, organisatoriese en tydsbestuursvaardighede.
- Vermoë om onder druk te werk en streng sperdatums na te kom.
- Aanpasbaar en buigsaam in 'n veranderende werksomgewing.
- Spanwerker met 'n professionele ingesteldheid.
Wat word gebied
- Mededingende salaris.
- 13de tjek as deel van die voordelepakket.
- Geleentheid om deel te wees van 'n gevestigde en professionele organisasie.
- Ondersteunende werksomgewing met geleenthede vir groei.