Belastingadministrateur / Tax Administrator (Permanent)

Promatch_Recruitment · Gauteng , Tshwane (Pretoria)

Posted 13 July 2026

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Job Title: Belastingadministrateur / Tax Administrator Start Date: 2026-07-13 - 2026-08-31 Vacancy Type: Permanent PTA000433 Sectors: Financial Services Location: Gauteng , Tshwane (Pretoria) Salary: Brief: Posbeskrywing: Belastingadministrateur / Belastingpraktisyn Ons is tans op soek na 'n gedrewe en dinamiese kandidaat vir 'n beskikbare pos binne 'n professionele omgewing waar belastingadministrasie, nakoming en kliëntediens sentraal staan. Die ideale kandidaat sal sterk administratiewe vermoëns hê, akkuraat kan werk, en met selfvertroue met kliënte en SARS kan skakel. Hierdie rol is uiters geskik vir iemand met praktiese ervaring in belastingadministrasie, wat gemaklik is om 'n wye reeks belastingverwante take te hanteer en wat trots is op kwaliteit werk en goeie opvolg. Detail: Hoofverantwoordelikhede Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur en uitvoering van verskeie belasting- en finansiële administratiewe funksies, insluitend: Bestuur van alle belastingadministrasie en nakoming Hantering van SARS-indienings, navrae, hersienings, besware en oudits Belastingregistrasies en deregistrasies Administrasie rakende: BTW Inkomstebelasting Voorlopige belasting PAYE Voltooiing van EMP501-rekonsiliasies COIDA- en U-Filing-administrasie Opstel van finansiële state Boekhouding tot proefbalans Hantering van belastingdirektiewe Skakeling met SARS namens kliënte Minimum vereistes Ons soek 'n kandidaat wat oor die volgende beskik: Minimum 2 jaar ervaring in belastingadministrasie of oudit 'n Relevante kwalifikasie in Rekeningkunde, Belasting of Finansies Enige belastingkwalifikasie sal tot voordeel wees Uitstekende kennis van Suid-Afrikaanse belastingwetgewing Hoë vlak van akkuraatheid, organisasie en aandag aan detail Sterk kommunikasievaardighede 'n Proaktiewe ingesteldheid en goeie probleemoplossingsvermoë Moet Afrikaans en Engels vlot kan praat en skryf Vlot Afrikaans is 'n belangrike vereiste Vaardighede en persoonlike eienskappe Die ideale kandidaat behoort: Doelgerig te wees Dinamies en professioneel op te tree Uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede te hê Goed onder druk te funksioneer Sperdatums konsekwent te kan haal Stelsels waarmee jy moet kan werk Kandidate moet praktiese ervaring hê met die volgende stelsels en sagteware: Pastel Sage Online Sage One CaseWare Draftworx SARS eFiling EasyFile Microsoft Excel en Office show more... For more information please contact: Nichelle Hough Apply

Auto-apply to this jobView original posting ↗