Administrator
Werfnet · Centurion, Gauteng
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Reference: PTA000638-JF-1
ADMINISTRATEUR – WERKTUIGKUNDIGE WERKSWINKEL ’n Goed gevestigde werktuigkundige werkswinkel is op soek na ’n ervare en georganiseerde Administrateur om by hul span aan te sluit. Die ideale kandidaat moet ten minste 5 jaar administratiewe ervaring hê. Ervaring in ’n werktuigkundige, motor- of werkswinkelomgewing sal ’n groot voordeel wees. Ervaring met Pastel is noodsaaklik. Duties & Responsibilities
Verantwoordelikhede
- Doen algemene administrasie vir die werkswinkel
- Vaslegging en byhou van kliënte- en voertuigbesonderhede
- Opstel van fakture, kwotasies en state
- Verwerk bestellings en verskaffersfakture
- Help met voorraad- en onderdele-administrasie
- Vaslegging van inligting op Pastel
- Hanteer kliënte-navrae en algemene kommunikasie
- Werk met werkswinkel-werkskaarte en administrasie
- Hou dokumente en rekords netjies en op datum
- Help die werkswinkelbestuurder en werktuigkundiges met administrasie
- Volg uitstaande fakture en betalings op
- Doen algemene ontvangs- en kantoorwerk
Vereistes
- Minimum 5 jaar administratiewe ervaring
- Vorige ervaring in ’n werktuigkundige werkswinkel of motorbedryf sal ’n voordeel wees
- Pastel-ervaring is noodsaaklik
- Goeie rekenaarvaardighede
- Goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede
- Goeie kommunikasie- en kliëntediensvaardighede
- Akkuraat met syfers en data vaslegging
- Moet onafhanklik en onder druk kan werk
- Matriek is noodsaaklik
Die suksesvolle kandidaat moet betroubaar, georganiseerd en prakties wees en die daaglikse administrasie van ’n besige werktuigkundige werkswinkel kan hanteer. Package & Remuneration
R 20 000 - R 25 000