Administratiewe Klerk / Adminsitrative Clerk

Werfnet · JHB - Western Suburbs

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000511-AF -1

Ligging: Wes-Rand, Gauteng Werksure: Maandag tot Vrydag, 08:00 – 16:00 Werksomgewing: Kantoor-gebaseerd Vlak: Middelvlak tot Senior

Oorsig

'n Gevestigde maatskappy in die logistiek- en vragmotorvervoerbedryf is opsoek na 'n ervare en goed georganiseerde Administratiewe Klerk om die administratiewe funksie van die vervoerafdeling te ondersteun. Die ideale kandidaat sal reeds minstens 2 jaar ondervinding binne die vragmotorvervoer- of vervoersektor hê en vertroud wees met die daaglikse vloei van dokumentasie, fakture, kwotasies, debiteure en data vaslegging. Hierdie is 'n praktiese rol vir iemand wat akkuraat werk, goed georganiseerd is en gemaklik is om verskeie administratiewe take binne 'n vinnige vervoeromgewing te hanteer. Duties & Responsibilities

Sleutelverantwoordelikhede

Algemene Administrasie

  • Hanteer die daaglikse administrasie van die vervoer- en logistieke afdeling.
  • Verseker dat alle dokumentasie korrek, volledig en op datum is.
  • Organiseer en bestuur die vloei van administratiewe dokumente.
  • Liasseer en onderhou rekords en ondersteunende dokumentasie.
  • Volg uitstaande dokumentasie en administratiewe aangeleenthede op.

Fakture & Kwotasies

  • Opstel en verwerking van kliëntefakture.
  • Voorbereiding en administrasie van kwotasies.
  • Kontroleer fakture en kwotasies vir akkuraatheid.
  • Verseker dat fakture betyds uitgereik en korrek verwerk word.
  • Hanteer enige navrae rakende fakture en administratiewe dokumentasie.

Debiteure

  • Ondersteun die debiteurefunksie.
  • Volg uitstaande betalings en dokumentasie op.
  • Hou kliënte- en rekeninginligting akkuraat en op datum.
  • Assisteer met betalingsnavrae en rekeningrekonsiliasies waar nodig.

Data Vaslegging

  • Akkurate vaslegging van vervoers-, kliënt- en finansiële data.
  • Opdatering van stelsels, spreadsheets en administratiewe rekords.
  • Kontroleer data vir foute en ontbrekende inligting.
  • Verseker dat alle relevante inligting korrek aangeteken en beskikbaar is.

Vervoeradministrasie

  • Ondersteun die administratiewe proses rondom vragmotors en ritte.
  • Hanteer en organiseer vervoerdokumentasie.
  • Verseker dat alle relevante dokumente deur die korrekte proses vloei.
  • Skakel met bestuurders, kliënte en interne personeel waar nodig.
  • Ondersteun die span met algemene logistieke en administratiewe aangeleenthede.

Minimum Vereistes

  • Minimum 2 jaar relevante werkservaring binne die vragmotorvervoer-, vervoer- of logistieke industrie.
  • Vorige ervaring met vervoeradministrasie is noodsaaklik.
  • Graad 12 / Matriek.
  • Geen graad of tersiêre kwalifikasie word vereis nie.
  • Geldige bestuurslisensie.
  • Goeie rekenaarvaardigheid.
  • Ervaring met fakture en kwotasies.
  • Basiese tot goeie kennis van debiteure.
  • Sterk data-vasleggingvaardighede.
  • Goeie administratiewe en organisatoriese vermoëns.
  • Goeie kennis van die dokumentasie- en administratiewe vloei binne 'n vervoeronderneming.

Persoonlike Eienskappe

  • Baie goed georganiseerd.
  • Akkuraat en detailgeoriënteerd.
  • Betroubaar en verantwoordelik.
  • Sterk administratiewe vermoëns.
  • Goeie kommunikasievaardighede.
  • Kan onafhanklik werk en take tot voltooiing opvolg.
  • Vermoë om onder druk te werk.
  • Proaktief en bereid om verantwoordelikheid te neem.
  • Professioneel en kliëntediensgerig.
  • 'n Spanpersoon met 'n praktiese ingesteldheid.

Package & Remuneration

R20 000 - R40 000 - Monthly

Auto-apply to this jobView original posting ↗