Administrateur / Administrator
Pro-Match Recruitment · Gauteng
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Belangrikste verantwoordelikhede
- Bestuur van tydsregistrasie, tydsbestuur en fakturering vir die firma.
- Voorbereiding, uitreiking en opvolg van kliëntefakture.
- Hantering van Company Secretarial-administrasie en verwante dokumentasie.
- Registrasie en deregistrasie van maatskappye en ander entiteite by die CIPC.
- Verwerking van veranderinge aan direkteure, aandeelhouding en ander maatskappybesonderhede.
- Kommunikasie met kliënte en die verskaffing van professionele, doeltreffende diens.
- Handhawing van akkurate rekords, dokumentasie en administratiewe stelsels.
- Hantering van algemene administratiewe take soos benodig.
Minimum vereistes
- Vorige ervaring in finansiële administrasie, rekeningkundige administrasie of 'n soortgelyke administratiewe rol.
- Ervaring in 'n finansiële instelling of kleiner ouditfirma sal 'n voordeel wees, maar is nie noodsaaklik nie.
- Goeie kennis van Microsoft Excel en Word. Praktiese vaardigheidstoetse sal deel van die keuringsproses vorm.
- Goeie mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede.
- Blootstelling aan die gebruik van kunsmatige intelligensie (KI/AI) vir administratiewe doeleindes.
- Die vermoë om take te prioritiseer, sperdatums na te kom en akkuraat te werk.
Persoonlike eienskappe Die ideale kandidaat is:
- Uiters georganiseerd en detailgerig.
- Betroubaar en in staat om volle verantwoordelikheid vir haar werk te aanvaar.
- Veerkragtig en in staat om onder druk te funksioneer.
- Professioneel, kliëntgerig en diensleweringsgedrewe.
- Selfstandig, proaktief en bereid om inisiatief te neem.
- Leergierig en gemaklik daarmee om nuwe stelsels en prosedures aan te leer.