Accounts Assistant Clerk

Werfnet · CPT - CBD

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Reference: PTA000519-LL-1

Rekeningkundige Assistent / Klerk

Ligging: Pretoria, Gauteng Pos Tipe: Permanent Werksomgewing: Kantoor-gebaseer

Oorsig

Ons kliënt is op soek na ’n veelsydige en noukeurige Rekeningkundige Assistent / Klerk om by hul span aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir algemene rekeningkundige administrasie, debiteure, Pastel, asook die bestuur van sosiale media en inhoudskepping met Canva . Hierdie posisie is ideaal vir iemand wat sterk is met syfers en administrasie, maar terselfdertyd ook oor ’n kreatiewe sy beskik. Duties & Responsibilities

Sleutelverantwoordelikhede

1. Rekeningkundige & Finansiële Administrasie

  • Verwerking en vaslegging van finansiële transaksies.
  • Algemene boekhoukundige en finansiële administrasie.
  • Opstel en verwerking van fakture.
  • Rekonsiliasies en ondersteuning met finansiële verslae.
  • Handhawing van akkurate finansiële rekords.
  • Algemene administratiewe ondersteuning aan die finansiële span.

2. Debiteure

  • Bestuur en instandhouding van die debiteureboek .
  • Opvolg van uitstaande rekeninge en betalings.
  • Kontak met kliënte rakende uitstaande bedrae.
  • Toewysing en vaslegging van betalings.
  • Uitvoer van debiteure-rekonsiliasies.
  • Monitering van betalings en opvolg van agterstallige rekeninge.
  • Voorbereiding van debiteure-state en relevante verslae.
  • Hantering van navrae vanaf kliënte rakende rekeninge en betalings.

3. Pastel

  • Daaglikse gebruik van Pastel vir finansiële administrasie.
  • Vaslegging en verwerking van finansiële inligting.
  • Verwerking van debiteure-transaksies.
  • Rekonsiliasies en algemene finansiële verslagdoening.

4. Sosiale Media

  • Bestuur en instandhouding van die maatskappy se sosiale media-platforms.
  • Beplanning en publisering van sosiale media-inhoud.
  • Monitering van kommentaar en boodskappe.
  • Handhawing van ’n professionele aanlyn-teenwoordigheid.
  • Ondersteuning met die ontwikkeling van bemarkingsinhoud.

5. Canva & Inhoudskepping

  • Ontwerp van professionele sosiale media-plasings met Canva .
  • Skep van eenvoudige bemarkingsmateriaal en grafiese inhoud.
  • Voorbereiding van visuele inhoud vir sosiale media.
  • Verseker dat alle inhoud professioneel en volgens die maatskappy se handelsmerk is.

Minimum Vereistes

  • Graad 12; ’n finansiële kwalifikasie sal voordelig wees.
  • Vorige ervaring in rekeningkundige administrasie en/of debiteure .
  • Goeie kennis en praktiese ervaring met Pastel .
  • Ervaring met Canva .
  • Kennis van sosiale media-platforms en inhoudskepping.
  • Goeie rekenaarvaardighede.
  • Sterk aandag aan detail en akkuraatheid.
  • Goeie kommunikasie- en organisatoriese vaardighede.
  • Vermoë om betalings en uitstaande debiteure professioneel op te volg.
  • Vermoë om onafhanklik sowel as binne ’n span te werk.

Package & Remuneration

R10 000 - R12000 - Monthly

Auto-apply to this jobView original posting ↗
Accounts Assistant Clerk at Werfnet — CPT - CBD · JobAlertsZA