Accountant
Werfnet · Tshwane (Pretoria)
Posted 15 August 2026
Stop applying one at a time.
JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.
Start free — we apply for you →Reference: PTA000525-NH-1
Posbeskrywing: Rekenmeester
Ligging: Pretoria Salaris: Markverwant / gebaseer op ervaring Werksvlak: Middelvlak Aanstellingsvorm: Permanent
Oorsig van die pos
’n Gevestigde rekenmeesterfirma in Pretoria is op soek na ’n bekwame en detailgeoriënteerde Rekenmeester met 2–3 jaar post-artikels ervaring. Die geskikte kandidaat moet SAIPA-artikels voltooi het, oor ’n relevante graad beskik, en uit ’n rekenmeester- of ouditfirma-omgewing kom. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir ’n verskeidenheid rekeningkundige funksies, met spesifieke fokus op belasting, boekhouding en die voorbereiding van finansiële state. Duties & Responsibilities
Minimum vereistes
- Voltooide SAIPA-artikels is noodsaaklik
- Relevante B-graad in Rekeningkunde, Finansies of soortgelyke rigting
- 2–3 jaar post-artikels ervaring
- Vorige werkservaring binne ’n rekenmeester- of ouditfirma is noodsaaklik
- Goeie kennis van belastingwetgewing en rekeningkundige beginsels
- Ervaring met die voorbereiding van finansiële state
- Sterk administratiewe en organisatoriese vermoë
- Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
- Vermoë om onafhanklik te werk en sperdatums te haal
Hoofverantwoordelikhede
- Hantering van belastingverwante take, insluitend belastingberekeninge en -indienings
- Verwerking en bestuur van boekhouding vir verskeie kliënte
- Voorbereiding van maandelikse en/of jaarlikse finansiële state
- Rekonsiliasies van relevante rekeninge
- Verseker van akkuraatheid en voldoening aan toepaslike rekeningkundige standaarde
- Ondersteuning met finansiële verslae en kliënte-navrae
- Handhawing van kliëntedossiere en finansiële rekords
- Samewerking met interne spanlede om tydige en kwaliteit diens aan kliënte te lewer