Accountant / Rekenmeester (Permanent)

Promatch_Recruitment · Gauteng , JHB - Western Suburbs

Posted 23 July 2026

Stop applying one at a time.

JobAlertsZA auto-applies to South African jobs like this one for you, overnight. Upload your CV once — we do the applying.

Start free — we apply for you →

Job Title: Accountant / Rekenmeester Start Date: 2026-07-23 - 2026-09-11 Vacancy Type: Permanent PTA000463 Sectors: Financial Services Location: Gauteng , JHB - Western Suburbs Salary: Brief: Posbeskrywing: Rekenmeester Ligging: Randburg, Gauteng Rapporteer aan: Finansiële Bestuurder / Direkteur Diensverhouding: Voltyds Doel van die pos Die Rekenmeester is verantwoordelik vir die akkurate verwerking, instandhouding en verslagdoening van finansiële inligting. Die suksesvolle kandidaat sal 'n sleutelrol speel in die bestuur van daaglikse finansiële funksies en sal verseker dat rekords volledig, korrek en betyds bygewerk word. Detail: Sleutelverantwoordelikhede Verwerking en hersiening van finansiële transaksies. Uitvoer van bank-, debiteure-, krediteure- en grootboekrekonsiliasies. Voorbereiding en verwerking van joernaalinskrywings. Bestuur en verwerking van die kasboek. Assisteer met maand- en jaareindeprosesse. Voorbereiding van proefbalanse en ondersteunende finansiële verslae. Identifisering en regstelling van afwykings in finansiële rekords. Verseker akkurate rekordhouding in ooreenstemming met interne beheermaatreëls. Ondersteun met ouditvoorbereiding en die verskaffing van relevante dokumentasie. Handhawing van vertroulikheid en professionele standaarde in alle finansiële aangeleenthede. Minimum vereistes BCom-graad in Rekeningkunde, Finansies of 'n verwante veld. Kandidaat met of sonder artikels sal oorweeg word. Basiese tot goeie praktiese ervaring in finansiële administrasie en rekeningkundige prosesse. Ervaring met rekonsiliasies, joernale en kasboekverwerking is noodsaaklik. Goeie rekenaarvaardighede, veral in Microsoft Excel. Ervaring met rekeningkundige sagteware sal voordelig wees. Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. show more... For more information please contact: Nichelle Hough Apply

Auto-apply to this jobView original posting ↗